


Vlerksleep - 09h00
Met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen
Skrywer: Peter Quilter, vertaal deur Frans Swart
Regie: Frans Swart
Gradering: Geen gesin
Tydsduur: 90 minute
Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TV-realiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter vat raak met Vlerksleep, want hy het daarin geslaag om ’n moeilike onderwerp baie komies aan te bied. Dit is vars en skreeusnaaks en ons almal kan op ’n manier daarmee identifiseer, want ’n toe-oog-afspraak is 99% van die tyd nie baie geslaagd nie. Quilter verstaan die dilemma en met sy komiese skryftalent skep hy ’n skreeusnaakse komedie wat vir baie lekker lag in die teater gaan sorg. In Afrikaans vertaal deur Frans Swart
