


Tillie Mathilda - 19h00
Twee prostitute, een oud, die ander jonk en onervare. Dis Tillie se eerste nag. Mathilda, die ou prostituut, ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland. Die twee vroue se stories word in hierdie produksie die universele stem van vroue in alle situasies, hetsy goed of sleg, desperaatheid of nood. Met ’n goeie skeut humor, satire, tragedie en ’n rou eerlikheid bied hierdie produksie ’n blik op die lewens van vroue waarop die samelewing dikwels neerkyk en ’n oordeel vel. Die storie word verweef met verwerkings en oorspronklike musiek deur Coenraad Rall.
Amanda Strydom het Je-ani Swiegelaar (Naomi Koster) se ma vertolk in die gewilde Binnelanders. Hulle droom om ’n verhoog te deel, word in hierdie produksie bewaarheid.
Prys: R195.00
