Sirkus L’amour en die Alewige Getoer - 13h00
That’s Freakin Nice Produksie ondersteun deur Innibos. Sirkuslewe spel ligte, opwinding, mense wat skiet uit kanonne, kronkelers, luislangtoertjies, gevaarlike motorfietse, hansworse. En die alewige getoer en lewe op die pad.
Maar hoe gemaak as die sirkus in ’n ware sirkus ontaard: narre wat ’n bietjie te diep in die bottel kyk, die kronkeler wat spasmas ontwikkel, die waaghals wie se twee boude in die kanon vassteek? Wat gebeur as die DBV al die sirkusdiere konfiskeer en die Nasionale Sirkus-organisasie dreig om die tent se seile te sluit? Wie sal die kastaiings uit die vuur kom krap?
Hierdie unieke produksie neem jou saam op ’n sirkus-toer vol misverstande, liefdesdriehoeke (of vierkante), chaos en die mooiste storie wat al ooit só vertel is. Kom lag lekker saam, WANT ONS IS SIRKUS L’AMOUR!
Prys: R195.00 Sirkuslewe spel ligte, opwinding, mense wat skiet uit kanonne, kronkelers, luislangtoertjies, gevaarlike motorfietse, hansworse. En die alewige getoer en lewe op die pad.

Prys: R195.00